DIMENSIES
VAN
APARTHEID
© “Dimensies van Apartheid” ©
“U sal trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham, wat U aan ons vaders met ‘n eed beloof het sedert die dae van die voortyd.”
MiGA 7:20
www.DimensionsOfApartheid.com
pieterwhite@DimensionsOfApartheid.com
© 2007 SAAMGESTEL EN GESKRYF DEUR PIETER L WHITE
Alle dank en waardering aan die Almagtige
God omdat HY my gebede beantwoord het
en my die insig, kennis en wysheid gegee het
om hierdie boek saam te stel. Ek is innig
dankbaar vir al die antwoorde wat HY
in gesigte en opdragte vir my gegee
het om addisionele hoofstukke te skrywe.
Ook dat Hy spesiale mense op my pad gebring
het om my te ondersteun en my te help.
Ek gee al die eer en heerlikheid aan die
Almagtige in Sy Naam Jesus Christus Immanuel.
Spesiale dank aan; Vinnie Roodt,
Vir haar hulp in die finale proeflees,
Redigering en samestelling, vertaalwerk en
belangrike vrae gevra het, sodat sekere
aspekte duideliker geskryf was, om die boek meer
verstaanbaar te maak. Ek wil ook graag die volgende
persone baie bedank: Basil Sherrard, Cornie Koorzen wat
gehelp het met vertaalwerk, spelling en grammatika
gedurende verskillende stadiums van die boek.
Spesiale dank vir Johan Pretorius wat die webblad
geskep het vir hierdie boek en die versorging daarvan.
Hierdie boek mag nie verkoop word tensy
die nodige toestemming van die skrywer ontvang
is nie, of na sy dood, die toestemming van die
Jesuruncharity Trust en die Jesurun Verbond
Trust se Trustees verkry is. In sulke geval
moet die opbrengs van sodanige verkope
ten bate gaan vir een of beide van
bovermelde liefdadigheids truste.
Laaste maar nie die minste nie, wil ek
graag my vrou Margareth en my drie
dogters Arlét, Marneli en Izabella bedank
vir die ondersteuning in my werk en
hulle geloof en gebede oor al die jare.
∞