Home
Voorwoord

Verhaal van die Tabernakel

Droom gesig oor die Tabernakel

Die plan vandie Tabernakel

Israel gee vrywillig

Die ark,versoendeksel en getuienisse

Tafel met die Twaalf Brode

Die Goue Kandelaar

Die Lamp wat Brand

Die Tent van die Tabernakel

Style van die Tabernakel

Die voorhangsel(deur) en pilare

Die ingang van die Tabernakel en pilare

Die nege pilare

Koperaltaar vir Brandoffers

Die Voorhof

Die Heilige Klere

Wyding van die Priesters

Daaglikse Brandoffers

Die Goue Reukaltaar

Eenvormige offergawe

Die Koperwaskom

Reukwerk en Salfolie

Heiliging van die Sabbat en Feeste-tye

Samestelling van die Tabernakel

Die Lam van die Tabernakel

Die visioen van die vyf deure

Tabernakel van Twee Liede

Die Heilige Vuurvlam se liggaam

Gevolgtrekking - Die Tabernakel is volbring

Bibliografie

Voorwoord
As die ‘Woord’ van God nie die kern vorm van alle geskrewe stukke en van die geestelike stryd nie, is daar geen sin in die stryd nie. Daarom die woorde van die Almagtige dat geestelike dinge geestelik beoordeel moet word en vleeslike dinge vleeslik. Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie, en ons gedagtes is nie Sy gedagtes nie. Hierdie boek is geskrywe vir almal wat soos kinders wil word sodat hulle die Koninkryk van die Almagtige God mag ingaan!
Die Ou Afrikaanse Bybel (Ou Afrikaanse Bybel Vertaling 1933/53) word deurgans gebruik omdat die Nuwe Vertalings, skrifte weglaat en verdraai, en 'n valse weergawe deurgee.
Mattheus 18:3 (Word soos kinders om gered te kan word)
Daar is soveel gelowe op die aarde en selfs honderde verskillende Christelike variasies en Kerke, elk met mens-opgestelde idees en sieninge oor die Bybel. Die Bybel noem dit die “oorlewering van mense” en waarsku dat dit “nie volgens Christus is nie” ( Kolossense 2:6-12 )! Die belangrikste vir kinders van die Almagtige God is om Hom te ken en Hom alleen te aanbid en te dien .
Waarom moet ons EEN Almagtige God ALLEEN aanbid??
Omdat dit die voorskrif van die groot gebod is! Dit beteken dat dit die heel belangrikste en die heel grootste wet vir God die Almagtige Vader is, en dit is wat hy SY kinders wil leer. Die leering kom op 'n besondere manier sodat ons soos kinders dit kan verstaan.
Deutoronomium 6:4-9 (aov)
(4) Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE.
(5) Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
(6) En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;
(7) en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.
(8) Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.
(9) En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.
Markus 12:28-37 (aov)
(28) En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?
(29) En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here;
(30) en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
(31) En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
(32) En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;
(33) en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
(34) Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.
(35) En terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?
(36) Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete.
(37) Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.
In hierdie twee skrifgedeeltes sien ons dat kinders sowel as groot skrifgeleerdes ten eerste die volgende moet leer en weet: “Israel moet met hulle ore hoor dat die Almagtige God is EEN Enige Almagtige” ( Deutoronomium 6:4 en Markus 12:29 )!
Uit die bostaande Bybelgedeeltes is dit duidelik dat ouers self hulle kinders moet onderrig aangaande hierdie waarheid van “Hoor Israel die Here onse God is ‘n enige Here” ( Deutoronomium 6:4-9 ). Nêrens in die Bybel staan geskryf dat ouers hulle kinders moet laat onderrig nie. Dis die Goddelike plig van elke ouer om die Woord nie alleen oor te dra aan sy kinders nie, maar om deur hulle voorbeeld Jesus Christus se beeld in hul optrede te kan sigbaar te maak.
Ouers alleen moet hul kinders hierdie dinge leer. Die kinderboek “Jesus se Pophuis” is vir hierdie doel in samewerking hiermee opgestel om ouers by te staan om hul kinders hierdie waarheid te leer. Hierdie feit dat die Tabernakel-leer die liggaam van Jesus Christus ver-duidelik, is die grootste skat in die Bybel. Dit is die rede hoekom die Almagtige my opdrag gegee het om dit afsonderlik te verkondig en vir ewig te leer. Die kinderboek is opgestel om die kind se belangstelling te prikkel sodat hulle vrae kan vra.
Dis is ‘n erkende feit (maar tog nie alombekend nie), dat die hele Bybel ‘n gelykenis (en ook profeties) is. Die volgende skrif wys dat die Allerhoogste alles deur gelykenisse vertel omdat Hy dit vir sekeres verborge wil hou.
Mattheus 13:34-35 (aov)
(34) Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;
(35) sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.
Daar is nie twee of drie gode vir die ware kind van God die Almagtige om te aanbid of ‘n God van “drie-eenheid” nie!! Daar is net Een Heilige God. Die doel van hierdie boek is eerstens om die onteenseglike waarheid van EEN, Enige God Jesus te bewys en tweedens om ouers te help om hulle kinders daardie ware “Weg, Waarheid en die Lewe” te leer ( Johannes 14:6 ). As dit die Allerhoogste se wil is, sal hulle moontlik die nou weg kan vind ( Lukas 13:22-30 ).
Die Ou Testament leer ons dat die God van Israel die Enigste God is en dat daar buitekant Hom, geen ander God is nie! Dit beteken Een God, Jesus Christus, Heilige Gees, alles in Een.
Deutoronomium 32:39 (aov)
(39) Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.
Jesaja 44:6 (aov)
(6) So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
Jesus vertel self in die Nuwe Testament dat HY die Enigste, Een God is!!
Openbaring 1:8 (aov)
(8) Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Johannes 14:6-10 (aov)
(6) Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
(7) As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
(8) Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.
(9) Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
(10) Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Die Ou Testament verduidelik vir ons hierdie geheim!! Daar staan geskryf dat daar ‘n Kind sou kom vir ons en dat daardie kind ons Ewige Vader, die Sterke God, onse Koning, is, asook ons Wonderbare Een wat wonderwerke doen en dat Hy ons Raadsman sal wees wat ons raad gee! Hierdie Kind sou ook Immanuel genoem word wat beteken “God self is met ons” .
Jesaja 9:5 (aov)
(5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Jesaja 7:14 (aov)
(14) Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.
Mattheus 1:18-23 (aov)
(18) Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
(19) En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.
(20) Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
(21) en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
(22) En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:
(23) Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Hierdie is wonderlike nuus. Die Grote Almagtige God het gekies om ‘n kind te wees. Sy Naam is Jesus ons Verlosser (Christus) en Immanuel ( Mattheus 1:23 en Jesaja 7:14 “God self is met ons” ). Selfs as ‘n mens dit in jou hart kan glo en weet dat Jesus ons Enigste God is, is dit steeds vir selfs volwassenes moeilik om die volle implikasie daarvan te begryp. Wat kan my help sodat dit vir my ‘n werklikheid kan word?
Wel, daar is gewis ‘n manier om te leer hoe die EEN, Enige God in Jesus se Liggaam werk, woon en heers!!!!! Dit is deur die tabernakel wat God die Almagtige vir ons, Sy kinders, gegee het sodat ons kan verstaan! Daardie ewige tabernakel is in die Bybel vir ons uiteengesit met al die unieke reëls, wette en bevele daaraan verbonde.
Volgende